Wat sou gebeur as jou oë toe gaan
Wanneer ons twee nie meer saam kan staan
Wat sou gebeur
Sou jy net verdwyn
Nie meer kan terugkeer na jou plek
Hier by my sy
Sal jy my onthou in die donker
Vergeet van ons lied en jou woorde
Hoe kan ek hier bly en aangaan sonder jou
Nou as dit reën in die winter bly dit koud
Jy's nie meer by my
Maar ek weet jy bly
In my hart hier langs die seer
Ek staan nou alleen
Maar ek weet jy leef nog in
Jou fotoraam
Jou fotoraam
Jy leef nou weer voort
Nie meer hier, maar daar
En vir nou staan ek stil
Terwyl ek wag en staar
Ek sal jou onthou in die donker
En ek sing nog ons lied met jou woorde
Hoe kan ek hier bly en aangaan sonder jou
Nou as dit reën in die winter bly dit koud
Jy's nie meer by my
Maar ek weet jy bly
In my hart hier langs die seer
Ek staan nou alleen
Maar ek weet jy leef nog in
Jou fotoraam
Ek sal jou onthou
Hoe kan ek hier bly en aangaan sonder jou
Nou as dit reën in die winter bly dit koud, oh