Iewers in my hart 'n rede om vir jou te wag
Iewers in my hart die vrede dat jy ook sal
En ek weet dit raak soms lank
En alleen daar waar jy staan om my te vind
Wil jy my nog vind
Iewers in my hart die wete dat gebede staan
Die sterre wat steeds waak oor alles wat ons sonder twyfel vra
En ek voel jy bly die kompas wat my hart se rigting dra
Ek smag na jou
Net na jou
Kan jy hoor
Kan jy voel
Kan jy sien
Want ek wil alles met jou deel
Kan jy hoor
Kan jy voel
Kan jy sien
Want ek is daar
In die hemelruim
Omgordel my met waarheid
Ek wil leef in jou oë
Laat my hart om liefde wentel
Tot my twyfel jou planete glo
Lig op jou swaard
Ek voel jou swaar
Maar Jagter bly jou naam
En die hemel wag
Oe, die hemel wag
Kan jy hoor
Kan jy voel
Kan jy sien
Want ek wil alles met jou deel
Kan jy hoor
Kan jy voel
Kan jy sien
Want ek is daar
In die hemelruim