Verskoon my
Ek dink ek gaan nou eerliker wees as wat jy kan hanteer
Maar ons praat net
So ek vra mooi dat jy luister voor jy reageer
Ek dink ek gaan nou eerliker wees as wat jy kan hanteer
Maar ons praat net
So ek vra mooi dat jy luister voor jy reageer
Flou is die lig
Flou is die son
Flou is die rede vir my vlug
Ek wil jou soen voordat jy gaan
Ek kan nie langer by jou staan
Ek weet jy raak kwaad
Ek sien jy kry swaar
Maar hierdie kan nêrens heengaan
En 'n V, V-formasie is al wat my laat stilstaan
Verstaan jy
Dis nie dat ek wreed is ek wil jou graag spaar van nog seer
Want my hart dwaal
Geanker in vryheid wat jy nie kan gee
Ek dink ek gaan nou eerliker wees as wat jy kan hanteer
Verstaan jy
So ek vra mooi dat jy luister voor jy reageer
Flou is die lig
Flou is die son
Flou is die rede vir my vlug
Ek wil jou soen voordat jy gaan
Ek kan nie langer by jou staan
Ek weet jy raak kwaad
Ek sien jy kry swaar
Maar hierdie kan nêrens heengaan
En 'n V, V-formasie is al wat my laat stilstaan
Avontuur laat my gaan
Ek versmoor in die voorspelbaarheid van jou verhaal
Avontuur laat my vry
Ek raak benoud as jou oë my smeek om nog te bly
Avontuur binne my
Laat my vry