Jy, jy slaan my weg
My woorde min, my asem kort, my knieë lam, dis moeilik om te veg
Ooh, ek hoop jy sien dit nie, maar dit is wat jy doen aan my
Jy, jy het my hart gekry
Jy, ja, jy's die mooiste blom in hierdie tuin
Jy is soos die son
'n Lig wat skyn, wat warm maak, wat rigting gee en duisternis verstom
Ooh, jy het my laat vind, daar waar ek my hart kan rus
Jy, jy het my hart gekry
Jy, ja, jy's die mooiste blom
Jy, jy het my hart gekry
Jy, ja, jy's die mooiste blom in hierdie tuin
In die wêreld se tuin, is jy die mooiste, mooiste een vir my
Jy, jy het my hart gekry
Jy, ja, jy's die mooiste blom in hierdie tuin