Die sterre skitter in jou oë
Dit maak my knieë lam
Dit voel of ek dit gaan verloor
Ek moet jou hand vang
My kop het so baie woorde
Niks van dit maak sin
Ek wonder hoe jy oor my voel
Dit lyk soos die begin
Jy sit daar tussen bome blare
Maak of jy my nie sien
Die wind waai liggies deur jou hare
Ek gaan jou hart nog wen
Jy is die een, die een vir my
Ek wens jy kon my hart nou hoor
Die tyd is nou hier nou-nou oor
Ek kan jou nie verloor
My hart is joune hoor
Ek is mal verlief op jou
Vir jou sal ek baklei
Jy's my vir ewig en vir altyd
Liefde sal ons twee nooit skei
Ek draai jou op die dansbaan rond
Ek swaai jou heen en weer
Jy kyk so diep hier in my oë
Ek het my hart verloor
Jou hand rus sag hier in my hand
Jou wang skuur teen my wang
Ek wonder as ek jou sal vra
Is jou antwoord ja
Ek hoop dat jy nou weet
Ek is mal verlief op jou
Vir jou sal ek baklei
Jy's my vir ewig en vir altyd
Liefde sal ons twee nooit skei
En ek kan jou nie net so los nie
My lewe sonder jou is vaal
En al wat ek kan sê is vir jou sal ek liefhê
En as die wêreld om ons rondval
Sal ek en jy bly staan
Liefde is die antwoord
En nou weet jy
Ek is mal verlief op jou
Vir jou sal ek baklei
Jy's my vir ewig en vir altyd
Liefde sal ons twee nooit skei
En ek is mal verlief op jou
Vir jou sal ek baklei
Jy's my vir ewig en vir altyd
Liefde sal ons twee nooit skei