Soos wat die son gaan sak
En die maan uitkom
Wag ek vir ons liefde om
Soos 'n plant te blom
Totdat die sterre opkom
Die skynsel in jou oë wat sê jy's lief vir my
Het my orreed dat jy altyd sal bly
En dat jy
Werklik gevoelens het vir my
Oh, gevoelens het vir my
Ek wil jou vra
Ek wil jou vra
Sal jy saam met my in die toekoms invaar
Sal jy my dra
As die lewensdonderweer my slaan?
Ek wil jou vra
Ek wil jou vra
Sal jy saam met my deur die lewe dwaal
Soos Romeo en Juliet
Saam op 'n wit perd se saal
Ek tel al die sterre soos ons na dit kyk
Maar in die hemel is daar 'n ster
Wat nooit verdwyn
Net so sal my liefde vir jou bly
Die gevoel wat ek ervaar as jou hand aan my raak
Is hemels, onvervangbaar
Dis hoe my liefde opgaar
Vir jou wil ek op my knieë gaan
Oh, op my knieë gaan
Ek wil jou vra
Ek wil jou vra
Sal jy saam met my in die toekoms invaar
Sal jy my dra
As die lewensdonderweer my slaan
Ek wil jou vra
Ek wil jou vra
Sal jy saam met my deur die lewe dwaal
Soos romeo en juliet
Saam op 'n wit perd se saal
Ek wil jou vra
Ek wil jou vra
Sal jy saam met my oud kan raak
En saam kan lag oor die tye
Wat ons in 'n foto kan raam