Dooie nagte, swaar verwagtinge
Bloei in my skemer
Rein volmaaktheid by die ruit uit
Saam die gluur van sonde
Oh ek sweer as ek kon leer
Sou ek jou red van al jou seer
Vir 'n ewigheid 'n splitsekonde
Van ons, van jou
Voel die winter, beleef die blou bries
Dit sal ons verwoes
Reine woorde, die regte note
Vir 'n oomblik van skyn
Oh ek sweer as ek kon leer
Sou ek jou red van al jou seer
Vir 'n ewigheid 'n splitsekonde
Van ons, van jou
Dalk is ek eendag die goud werd
Wat jy so in oormaat verdien
'N Reuse oorskatting van myself
'N Kleine kleine mens wat als wil sien
Oh ek sweer as ek kon leer
Sou ek jou red van al jou seer
Vir 'n ewigheid 'n splitsekonde
Van ons, van jou