Jou koffie word koud
Die tyd kruip verby
Te moedeloos, te oud
Te moeg vir baklei
Ek soek net bietjie liefde
En lojaliteit
Ek's met min tevrede
En min is met my
Sweer jy is nie skuldig nie
Net ongelukkig lief
Fok rond en was jou hande
Mens sal dink dit is 'n skande
Ek is nie oor besitlik nie
Net permanent negatief
Omring van alle kante
Deur arrogante plante
Ek voel nog jou asem sê
Sag op my wang
Ons het alles wat ons ooit wou hê
Maar ek bly verlang
Na wie ek kon wees
Die wêreld is groter as ek en jy
Dalk ontmoet ons weer
Maar jy moet jou eie rigting kry
Raak braaf dan kom die waarheid uit
Misgis trots vir integriteit
Kom ons drink op verlange
Op wat kon wees
Hoekom wil jy dieselfde lyk?
Misgis styl vir persoonlikheid
Almal is saam anders
Anders as jy
Sweer jy is nie skuldig nie
Net ongelukkig lief
Fok rond en was jou hande
Mens sal dink dit is 'n skande
Ek is nie oor besitlik nie
Net permanent negatief
Omring van alle kante
Deur arrogante plante
Ek voel nog jou asem sê
Sag op my wang
Ons het alles wat ons ooit wou hê
Maar ek bly verlang
Na wie ek kon wees
Die wêreld is groter as ek en jy
Dalk ontmoet ons weer
Maar jy moet jou eie rigting kry
Raak braaf dan kom die waarheid uit
Misgis trots vir integriteit
Kom ons drink op verlange
Op wat kon wees
Hoekom wil jy dieselfde lyk?
Misgis styl vir persoonlikheid
Almal is saam anders
Anders as jy