Waar's jou beter kant?
Want hierdie een is kak
Het jy perongeluk
Van jou hoop ontslae geraak?
Hoe swaar is die wolk wat jy saam jou sleep?
Eet jy nog plante wat jou help vergeet?
Daar's mos trots in probeer
So kom ons probeer aan beweeg
Ons word nie jonger nie
Ons is saam hier aleen
Daar is monsters in ons gedagtes
En hartseer in die reen
Jy's al voorheen afgeskryf
Maar hierdie mense ken jou nie
Fok weet waar's hulle nou
Nie meer in jou dimensie nie
Daar's aande waar jy gaan twyfel of die son bestaan
Daar's gedagtes wat jy eers eendag kan verstaan
Jy't die verkeerde dinge lief
Dit manipuleer jou perspektief
Ons word nie jonger nie
Ons is saam hier aleen
Daar is monsters in ons gedagtes
En hartseer in die reen
Ons het al jare terug
Ons moed weg gedrink
Daar's net soveel wat 'n man kan dra
Op pad nêrens heen