Onthou jy die ander kant?
Hulle sê dis beter hier
Maar dit voel nie dieselfde nie
En ons weet al klaar wat vir ons wag
Dit raak nie beter nie
Ons is nie helde nie
Sê my dan net wie ek is
Of wie ek moet wees
Ek's gatvol vir probeer
Daar's net soveel soek oor in 'n man
Daar's net soveel tree
Voor hy moed op gee
Drink net wat jy wil
Miskien moet jy vergeet
Miskien maak dit 'n verskil
Daar's net soveel om voor te leef
Ek dink elke dag aan jou
Die jy wat ek onthou
Ons gaan dood vir wat ons glo
Sonder huiwering
Net vir so biejie hoop
Solank ons nie hoef te dink nie
Hoe's jy onsensitief?
Sonder perspektief
Drink net wat jy wil
Miskien moet jy vergeet
Miskien maak dit 'n verskil
Daar's net soveel om voor te leef
Ek dink elke dag aan jou
Die jy wat ek onthou