Ongeduldig en desperaat
Ek sal vermoor vir so bietjie slaap
Skree op myself tot dit ligter raak
Kwaad vir die donker en bang vir mekaar
Jy kan net opgee, die wêreld laat wen
Maar jy lyk soos 'n ou wat bietjie verder kan sien
Baie beloftes maar min beheer
Jy wou nog iemand wees
Lê met jou kop op my bors
Kan jy my hart hoor klop?
Dit is ons werklikheid die
Nie daai aggresiewe televisie nuus nie
Ek's gelukkig met wie ek is
Ondergemiddeld en onsportief
Ek is net dankbaar vir wat ek het
En ek het my mense lief
Word wakker dit kan nie genoeg wees nie
Daar's nog murg in jou pype, nog dans in jou siel
Jy moet nog groot word, kan eendag ontspan
Eendag as jy dood gaan
Lê met jou kop op my bors
Kan jy my hart hoor klop?
Dit is ons werklikheid die
Nie daai aggresiewe televisie nuus nie
Sy's groot gemaak op adrenalien
Net bang om haarself in 'n spieël te sien
Solank daar mense is, is daar pyn
Solank die son nog skyn
Ons leer nie uit ons foute nie
Versigtig waar jy lê
Aanvaar nie ons word ouer nie
Weet jy wat jy wil hê?
Ons is nie bang vir koue nie
Soos my ma altyd sê
Dit lyk nie of jy luister nie
Weet jy wat jy wil hê?
Lê met jou kop op my bors
Kan jy my hart hoor klop?
Dit is ons werklikheid die
Nie daai aggresiewe televisie nuus nie